Kulturele volksmoord

die skedels van slagoffers van die Rwandiese volksmoord

Kulturele volksmoord ([kɵltyː'rɪələ 'folksmʊərt]) is die opsetlike vernietiging van die kultuur van 'n groep mense. Die misdaad word meestal uitgevoer met gedwonge kulturele assimilasie, vernietiging van artefakte of plekke van kulturele betekenis, gedwonge linguistiese assimilasie, gedwonge verplasing van 'n groep se kulturele tuisland en gedwonge oordrag van kinders van een groep na 'n ander groep.[1] Dit word gedoen met die doel om 'n groep se geskiedenis en kultuur te vernietig, asook om enige spoor van 'n groep te vernietig (gewoonlik in gevalle waar dit saam met 'n fisiese volksmoord uitgevoer word).

Onder ander moontlike redes kan kulturele volksmoord om godsdienstige redes gepleeg word, as deel van 'n etniese suiweringsveldtog (om bewyse van 'n volk se bestaan op 'n sekere plek of gedurende 'n spesifieke tydperk van die geskiedenis uit te wis, of om bewyse van hulle bestaan heeltemal uit te wis), of met die doel om 'n "Jaar Nul" te implementeer, waarin die verlede en alle kulture daarin "teruggestel" word.

Dade van kulturele vernietiging word dikwels kulturele volksmoord genoem, maar iets is slegs 'n kulturele "volksmoord" as dit uitgevoer word met die doel om 'n kultuur te vernietig. Andersins is dit net die vernietiging van kulturele belangrike artefakte.

  1. (en) Cultural Genocide: Legal Label or Mourning Metaphor? McGill Law Journal, lawjournal.mcgill.ca

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search